<dd id="m25ky"><pre id="m25ky"></pre></dd>
    <button id="m25ky"><acronym id="m25ky"><input id="m25ky"></input></acronym></button>

    1. <tbody id="m25ky"><pre id="m25ky"></pre></tbody>
      <th id="m25ky"></th>
    2. <em id="m25ky"><ruby id="m25ky"><u id="m25ky"></u></ruby></em>
      <s id="m25ky"><mark id="m25ky"></mark></s><dd id="m25ky"><track id="m25ky"></track></dd>

      Sport

      Drie ruiters van Lydenburg blink uit

      Perdesport meer as dresseerkuns, werksperd en werkende jagperdklas.?

      Drie van Lydenburg se ruiters is gekies om vanaf 30 September tot 3 Oktober aan die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Nasionale Ruiterskole (Sanesa) in Kyalami deel te neem.

      Chandré (11) en Mauritz Stander (13) en Marisan van Buuren (17) het vir die nasionale kampioenskappe as deel van provinsiale span gekwalifiseer.

      Mauritz en Chandré Stander by die medaljes wat hulle op eManzana gewen het.

      Die kwalifiserende rondes het vanaf 12 tot 14 Augustus by die Mpumalanga Sanesa Perdeskou op eManzana (Badplaas) plaasgevind. Chandré en Mauritz is leerders van Laerskool Lydenburg.

      Op eManzana het Mauritz die Vrydag ’n goue medalje in dresseerkuns verower en die Saterdag ’n goue medalje in die werksperdklas. Chandré het die Vrydag ’n derde en vyfde plek in dresseerkuns behaal. Saterdag het sy ’n silwer medalje in haar eerste sprong in dressering gewen. In haar volgende sprong het sy Saterdag gewen.

      Sy het die Sondag in die werkende jagperdklas, wat baie gevaarlik is, goud gewen. Sy het baie ver voor die ander ruiters klaargemaak. Vir die Sanesa Kampioenskappe op Kyalami gaan Chandré op die perde Snoopy, Cleopatra en Saluki deelneem. Mauritz neem die perde, Majoor en Ripple Effect, na Sanesa.

      Lees ook:?Dinamiese Leandie du Randt sprankel op Lydenburg

      Marisan van Buuren het op haar perd, Seattle Light, twee eerste plekke op eManzana behaal. Sy is ’n leerder aan die Ho?rskool Nelspruit, maar in murg en been ’n Lydenburger. Marisan het vertel haar groot liefde is die skouspringafdeling.

      Vroe?r vanjaar het sy as die 0.90 cm kampioen by die Maple Ridge Presidentsbeker uitgetree. Tydens die Toyota Paasskou op Kyalami het sy twee vierde plekke behaal. Marisan word deur Husband Equestrian afgerig. Sy sien daarna uit om vir die 1 m-klas te kwalifiseer en is opgewonde oor haar en Seattle Light se toekoms in die arena. Al hierdie ruiters beskou dit as ’n voorreg om deel van perdesport, en hulle ouers bedank hul afrigters wat soveel tyd aan die ruiters en hul perde afstaan.

      Chandré Stander. Foto’s verskaf.?
      Mauritz Stander. Foto’s verskaf.?

       
      Back to top button
      jobs that earn 200k a year,earn while you learn jobs,i earn my life lemon demon,earn fast money online